About US
Geagte Kliënte, Vriende en Toekomstige Kliënte
Baie dankie aan almal wat tans by ons aankoop en van ons tegniese dienste gebruik maak.
Ons werk baie hard daaraan om ons produkte en dienste bekostigbaar en teen die beste prys te hou.
Om dit egter vol te hou het ons meer kliënte nodig om ook voordeel daaruit te trek.
(Kleiner profyt met meer omset i.p.v hoër pryse)
Ons het u hulp dringend nodig om by ons lae pryse te hou en sal dit waardeer as u 'n
oomblik neem om te kyk na wat ons kan bied. U kan gerus ook gratis kwotasies aanvra om ons pryse
met ander verskaffers te vergelyk.
BESONDERHEDE IN KORT
VERKOPE
Ons kan 99% van enige I.T. en verwante produkte bekom. Byvoorbeeld: Enige maak en model Laptop, PC, Netwerk produkte, Printers, Sagteware, Kameras, LCD & LED Skerms, MP3's, GPS,e asook alle Printer Toners en Cartridges. “Gadgets is ook beskikbaar”.
TEGNIESE DIENSTE
Ons tegnici doen van, virus scans tot installasie van nuwe netwerkstelsels. Ons spesialiseer ook in “fault finding”, opgraderings van PC's, Laptops, “Wireless Networks”, ens. Sagte & Hardeware.
NB: PRYSE
Ons pryse op hardeware is oor die algemeen BAIE beter as die groothandelaars. U is welkom om ons te toets daarop. Gee vir ons byvoorbeeld die produkkode van'n spesifieke item waarin u belangstel en vergelyk ons prys.
Ons arbeid pryse is slegs: R 280.00 PER UUR
'n Callout is gewoonlik : R 350.00 wat dan die eerste uur insluit.
NA VERKOOP DIENS
AL ons produkte en dienste is gewaarborg om die werk te doen waarvoor dit bedoel is.
Alle hardeware kom met die waarborg van die verskaffers wat van 1 jaar tot lewenslank is.
WAAROM BY ONS KOOP EN NIE BY GROOT KETTING WINKELS NIE?
. Ons pryse en diens is goed. Ons reaksie tyd is baie vinnig. Ons verkoop kwaliteit produkte.
. Indien u „n foutiewe produk aankoop of iets breek, vat ons dit self na die verskaffer toe vir herstel werk of vervanging met „n nuwe een. U wag nie weke soos by sekere groot handelaars nie. Ons lewer ook GRATIS af in Centurion en omgewing.
ONS REEL OOK FINANSIERING OP HARDE EN SAGTEWARE E&OE
Want a website??
We can make you a professional website within a week at an affordable price!!
Just give us a call and give us all the details.
www.itechdesigns.co.za

